EG Kerk Lictenburg manna community church gemeenskapskerk Tuis Manna gemeenskapskerk, ‘n plek waar mense oud en jonk by mekaar kom Manna gemeenskapskerk, ‘n plek waar mense opgetel en opgehef word, waar minuses ‘n plusse verander Manna gemeenskapskerk, waar Christus ons lei na ‘n mooier môre as gister Kontak ons kerkkantoor anet van biljon tel: 082 861 5695 epos: admin@mannachurch.co.za ds anton kleingeld sel: 084 758 0436 epos: anton@mannachurch.co.za koster karen kotzee sel: 072 251 9628Dienstye sondag oggenddiens 08:45 kinderbediening 10:00 aanddiens sondae aande 17:00 - 18:00 lichvaalstereo 92.6 fm (aanddienste word gehou soos aangekondig) Oor ons kerk MANNA is die versinnebeelding van God se Genade en Liefde. As gemeente wil ons graag gebruik word om God se MANNA aan ander te bedien. Die woord “manna” sowel as “community church/gemeenskapskerk “ word geskryf in kleinletters om nederigheid te beklemtoon. Ons gebruik die kleur grys vir die Kerknaam, omrede dit ‘n neutrale kleur is en simboliseer, dat die kerk nie oordeel oor die gemeente of gemeenskap, ongeag van hul ras, lewenskeuses, netto waarde om maar ‘n paar te noem. Dit plaas ook klem op die nederige fondament waarop die Kerk homself bou. Die ikoon is ‘n kruis saamgestel deur vier mense. Elk verteen-woordig die vier hoeke van die Kerk. Dit simboliseer ook dat die gemeenskap en gemeente, saam met God bou en/of ‘n eenheid vorm aan die Kerk. Met die opening van hul arms simboliseer dit lofprysing en aanbidding, dat hul oop is om die woord van God te ontvang en te verkondig, dat hul diegene rondom hulle aanvaar, dat hul oop is om ander te help en dat hul ieder en elk verwelkom. Ons het skakerings van olyfgroen gekies, wat wysheid, vryheid en ‘n nuwe begin simboliseer. Dit verteenwoordig ook oorvloed, hoop en die oorwinning van die lewe oor die dood. Die kruis herinner ons aan die liefde wat God vir ons het en die prys wat Jesus betaal het vir ons as sondige mense, ongeag of ons gelowig is of nie, sodat elkeen die ewige lewe kan hê. Ons sien die wit kruis as die sentrale simbool om ons aan die sondelose Jesus te herinner, wat die middelpunt is van alles wat ons doen. Oor ons leraarspaar Ds. Anton het grootgeword in die Vaaldriehoek (Sasolburg). In 2003 op 17 jarige ouderdom het hy tot bekering gekom en die Here aangeneem. Dit was een van die grootste oomblikke in sy lewe. As’t ware is hy soos ‘n brandhout uit die vuur gered. Hy is in 2003 geroep en het vanaf 2005 - 2009 homself as predikant bekwaam. Hy het intussen ‘n honeursgraad in teologie aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy is tans besig met sy Meestersgraad aan die Noordwes Universiteit. Karien het ook in die Vaaldriehoek grootgeword. In 2003 het sy tot bekering gekom tydens ‘n reeks wederkomsdienste. Vanaf 2006 - 2008 bekwaam sy haarself as Evangelis / Geestelike Werker. Die gesin en bediening van kinders lê haar na aan die hart. Sy wil graag sien dat gesinne genees en herstel word. Die Kleingeld egpaar het vier kinders. Zander (oudste), Ian, Arnoux en ‘n dogter, Ansuné. Bedienings CVV Hierdie bediening is vir dames, deur die dames van die gemeente. Hulle kom een keer per maand bymekaar om mekaar te bemoedig en vir mekaar om te gee. Verskeie suksesvolle damestees, kunsdae, uitreike en nog vele meer is in die verlede gehou. Vir enige verdere inligting kontak: Karien Kleingeld - 072 872 5615 Silwerjeug-bediening Die bejaardes van ons gemeente kom een maal per maand bymekaar waar hulle mekaar bedien. Hulle gaan op uitstappies, soos ‘n ontbyt of rolbaldag. Daar word lekker gelag en gekuier. Alle persone bo 50 jaar is welkom om saam te kuier. Vir meer inligting kontak: Riekie Maree – 084 880 3400 Marthabediening As gasvryheid en om ander kinders van die Here te bedien jou na aan die hart lê is hierdie die plek vir jou. Die dames bedien na die eredienste deur na die liggaamlike om te sien met die heerlikste gebak. Vir enige verdere inligting kontak: Anet van Biljon - 082 861 5695 Barmhartigheidsbediening Ons is ‘n gemeente wat die nood in ons omgewing help verlig deur ‘n oop hand te hê vir minderbevoorregte mense. Weduwees en wese lê ons na aan die hart. God het vir ons ‘n opdrag gegee om na hul om te sien en hul belange op die hart te dra. Ons is ook bedrywig met projekte vir die minderbevoorregtes deur die loop van die jaar. Verskeie sopkombuise, broodjieprojekte en kinderhuise word deur ons barmhartigheidsbediening ondersteun. Vir enige verdere inligting kontak: Karien Kleingeld - 072 872 5615 Lofprysing en aanbidding Op hierdie bediening rus die verantwoordelikheid om die gemeente in aanbidding voor die Here te bring. Die lofprysingspan oefen weekliks saam vir die opkomende erediens. Vir enige verdere inligting kontak: Karin Deetlefs - 084 609 2967 Mediabediening Die mediabediening het ten doel om - CD en DVD verspreiding van geestelike boodskap (preke) aan ouetehuise, spreekkamers en persone vir wie dit nie meer moontlik is om onderlinge byeenkomste by te woon nie. Die Mediabediening versprei ook evangelie boodskappe met die Goeie Nuus as deel van ons evangelisasie veldtog. Die Mediabedining behartig die klank en opnames tydens ons eredienste. Vir enige verdere inligting kontak: Petrus Greeff - 082 811 3944 Evangelisasie bediening Die mediabediening het ten doel om - CD en DVD verspreiding van geestelike boodskap (preke) aan ouetehuise, spreekkamers en persone vir wie dit nie meer moontlik is om onderlinge byeenkomste by te woon nie. Die Mediabediening versprei ook evangelie boodskappe met die Goeie Nuus as deel van ons evangelisasie veldtog. Die Mediabedining behartig die klank en opnames tydens ons eredienste. Vir enige verdere inligting kontak: Petrus Greeff - 082 811 3944 Kinderbediening Jesus sê dat ons die kindertjies nie moet verhinder nie, maar dat hulle na Hom toe moet kom. Wat ‘n voorreg om met kinders te kan werk en hulle aan Jesus voor te stel. Die Kinderbediening bereik hierdie doel. Kinders word op hulle vlak bedien. Groot moeite word gedoen om hulle spesiaal en welkom te laat voel. Van uitstappies tot fliekaande met gebraaide malvalekkers! Vir enige verdere inligting kontak: Monica Hechter - 084 707 7021 Kwartaalblad DESEMBER 2015 Gallery Eredineste, nagmaal Gebeure, doop geleentheid, huweliksbevestiging, kweekskool besoek, moedersdag bederf, silwerjeug rolbaldag, sondagskool kermis 2015, sondagskool afsluiting 2015, werkersdag Projekte, gee jou hart vir Jesus muntlegging, pakkie projek Gemeenskap kalender

tuis

 

Kontak ons

 

Kerkkantoor

Anet van Biljon

Tel: 082 861 5695

epos: admin@mannachurch.co.za

 

Ds Anton Kleingeld

Sel: 084 758 0436

epos: anton@mannachurch.co.za

 

Koster

Karen Kotzee

Sel: 072 251 9628

 

 

Dienstye

 

Sondag Oggenddiens

08:45

 

Kinderbediening

10:00

 

Aanddiens

Sondae aande 17:00 - 18:00

Lichvaalstereo 92.6 fm

 

(Aanddienste word gehou soos aangekondig)

 

Youtube

Google+

Facebook

Twitter